Besoek ons wijn winkel HIER

 

De Kleine Wijn Koöp is aan die stuur van wynmaker Wynand Grobler en sy vrou, Anya. Die Groblers beskou die ‘koöperasie’ as ’n tweeman-familiesaak en bestuur die besigheid vanaf ’n klein kelder en ’n toegewyde span in die hart van die Paarl.

Wynand steur hom min aan korporatiewe strukture of groot kelderspanne – sy hoofdoel is om persoonlik by die wynmaakproses betrokke te wees. Hy produseer slegs klein hoeveelhede wyn met druiwe van gesogte, en ietwat geheimsinnige wingerde van Stellenbosch, Swartland, Walker Bay, Franschhoek, Piekenierskloof en Agter-Paarl.

So geheimsinnig soos die Swart Kat. So nomadies soos David Kramer se kombi. So heldhaftig soos Wolraad Woltemade se perd. Met piepklein-volumes, spesialiseer De Kleine Wijn Koöp in hoë-gehalte wyne. De Kleine Wijn Koöp is vir ons ‘n plek om kreatiewe uiting te gee en bietjie buite die konvensies van die winkelrak te speel. Maak jouself dus gereed vir eenmalige unieke wyne.