Steenbok SOLD OUT

Steenbok het binne 1 week uitverkoop! As jy uitgemis het en volgende keer eerste van ons wyne wil weet, subscribe hier:


Steenbok is hier

Ons 2de wyntjie is uiteindelik nou beskikbaar. ‘n Heerlike rooimengelmoes van die Swartland. Nou beskikbaar vir R80 ‘n bottel en R480 vir ‘n boks van 6.

Soos ‘n bekende man sê: “Hy loop soos ‘n muis met slippers aan.”

Net 270 bottels is beskikbaar, so koop man koop!

Check hom uit.


STEENBOK opad…

Ons nuwe wyntjie vir 2012 is amper beskikbaar. Dit is ‘n Swartland mengelmoes van 60% Syrah, 20% Mourvedré, 10% Grenache, 5% Cinsaut en 5% Carignan. Vrydag by Studio 41 is Creative Cape Town waar jy hom kan gaan proe en bestel.


Steenbok se bottelering sisteem

Die STEENBOK is gebottel. Ons wou ‘n swing cap gebruik het vir die Burgundy bottel. Nadat ons nie so iets in SA kon kry nie, vind ons toe ‘n metaal ring wat perfek soos ‘n kraag om die bottel se nek pas. Maar ons moes dit een vir een opsit… Etikette is ook op pad so hou hier dop vir die nuwe dop!

Vul hier jou e-pos adres in om eerste te hoor van die nuwe bekendstelling:

Geheime Kelder | 2011 Oesjaar | Lekker Mengelmoes | Herfs 2012

Social Tulips

Social Tulips listed the Debutant.
They are a small business who sell food and wine. Their knowledge and experience gained over years of hospitality experience gives them a great advantage when selling wine and food.

Check it out.


What I Drank Last Night

Dis wat Christian Eedes van die DEBUTANT gedink het:

It’s amazingly fresh for a 2003 vintage wine. Very aromatic on the nose: red fruit, dried herbs, spice and some earthiness all in evidence. The palate is medium bodied and well balanced with sweet red fruit upfront before a savoury, slightly salty finish. I thought it was charming and scored it 16/20.

Lees die post hier vir evidence.


Debutant on The Dieline

Debutant is a limited edition niche wine from South Africa. The brand has an artistically rustic vibe which reflects its description of “violets, prunes, red berries, salt, soft, straw hat, writing ink, tobacco.”

Kliek hier om dit op hul webwerf te sien.


Debutant se debuut

Na ‘n lekker soektog en aangename vonds, sien ons eerste wyntjie; die DEBUTANT, die lig. Van proe tot besluit, tot teken, tot die drukkers, tot skeur, tot plak, tot wax en toe weer proe… kan jy nou ook die wyntjie bestel. Let wel, daar is net 600 bottels beskikbaar.



Kategorieë


Argiewe


Vul hier jou e-pos adres in om op hoogte te bly wanneer ons ‘n nuwe wyn bekend stel.