DEBUTANT


De Kleine Wijn Koöp bestaan uit ‘n vriendekring van sommeliers en grafiese kunstenaars. Aangesien ons elke dag met wyn te doen het, strompel ons elke dan en wan op ‘n wyntjie af wat te klein is om in ‘n spesifieke wynmaker se reeks te pas of doodeenvoudig te volksvreemd en uniek is vir die kommersiele mark. Ons koop dan hierdie wyntjies in en verpak dit in baadjies wat meer ‘kortbroek-en-sandale’ as ‘kraaghemp-en-das’ is.

De Kleine Wijn Koöp is vir ons ‘n plek om kreatiewe uiting te gee en bietjie te speel buite die konvensies van die winkelrak. Maak jouself dus gereed vir eenmalige unieke wyne.

Ons eerste vrystelling heet toepaslik die ‘Debutant‘ en daar is net 600 bottels beskikbaar; elk met die hand genommer.